Förstoringsglas
Sök Loader

Marga Jonker 
Jenna en die leesperd 

Stöd
Jenna se opgewondenheid om deel te wees van die elite-skouspringspan is van korte duur. ’n Rugprobleem veroorsaak dat sy vir ten minste twaalf maande aan geen perdespringkompetisies mag deelneem nie. En om alles te kroon, word haar plek in die span ingeneem deur die rykmanskind Elzé Roux, wat nooit ’n voet verkeerd sit nie. Toe Jenna se ouma vir haar die naweekwerk by Amandelrivier se perdestalle reël, is Jenna eers vies, maar Kim en haar terapieperde word gaandeweg die hoogtepunt van Jenna se week. Amandelrivier se perde laat haar nie net anders dink oor perde nie, sy leer ken ook ’n ander sy van Daniel “Dash” Roux, Elzé se Gr.10-broer.
€6.99
Betalningsmetoder

Om författaren

Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba & Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geillustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig Slegs Bekendes opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sý is die klashanswors, reken sy.
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 160 ● ISBN 9780624080442 ● Filstorlek 0.5 MB ● Ålder 17-12 år ● Utgivare Tafelberg ● Publicerad 2016 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 5506020 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

55 458 E-böcker i denna kategori