Siegfried Landman is iets in die dertigs. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ‘n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op ‘n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ‘n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ‘n meermin is in die see. Dit word ‘n magiese reis, wat begin met ‘n besoek aan ‘n boeregesin op nog ‘n afgeleë plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met ‘n voorliefde vir die teatrale. ‘n Verstommende, meesleurende roman – ‘n verhaal wat voortsnel tot ‘n onafwendbare einde. ‘n Kosbare toevoeging tot die huidige Afrikaanse boekmilieu.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 288 ● ISBN 9780795703409 ● 文件大小 0.2 MB ● 出版者 Kwela ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4762359 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器